Tennis
|
Loading... |
Tennis 2010 Prestasies
Ons het hierdie jaar aan twee tennisligas deelgeneem. Die eerste kwartaal het net twee spanne deelgeneem, omdat atlete nie dan deelneem nie.
Tydens die tweede kwartaal kan enige tennisspeler kom oefen op Maandae, op die Annlinklubbane. Daar sal toesig wees tot 15:00.
In die derde kwartaal vind ons hoof tennisligas plaas. Ons het 6 tennis spanne ingeskryf.
Die uitslae is as volg:
Eerste Oop-Seunsspan: 3 wen 3 verloor
Tweede Oop-Seunsspan: 3 wen 2 verloor
Eerste Oop-Meisiespan: 2 wen 3 verloor
Eerste 0/11 Seunspan: 3 wen 4 verloor
Tweede 0/11 Seunspan: 3 wen 2 verloor
Eerste 0/11 Dogterspan: 5 wen 0 verloor
Hierdie span het ook die D-liga van die hele Pretoriastreek gewen.
Baie geluk!
Die groot afsluiting vind met die Skool tennisakamioenskappe plaas. Alle liga-spelers neem dan deel.
Seuns en dogters speel, appart, teen mekaar op ’n uitklop basis en bepaal dan so die tenniskampioene, vir dogters en seuns.
Baie geluk aan Niel de Bruin en Suné van Rensburg!