Sportdrag

 

 

 

 

Atletiekdrag

Blou atletiekhempie met wit aan bokant.

Blou atletiekbroekie (swart skipant onder broekie is toelaatbaar). 

Hierdie geld vir seuns sowel as dogters. 

Atletiekdrag Dogters

 

Swemdrag

Dogters: Koningsblou wonnie-swembroek met wit omboorsel en drukwerk op die bors.

Blou wonnie-swemkappie met drukwerk aan beide kante.

Seuns: Koningsblou wonnie-swembroek (speedo) met drukwerk op agterkant.

Blou wonnie-swemkappie met drukwerk aan beide kante.

Kleredrag bo-oor swemdrag: Wit oefenbroekie met koningsblou geborgde t-hemp.

Swemdrag Dogters                    Swemdrag Seuns

 

Rugbydrag

Bulletjies - Koningsblou bulletjietrui en wit broekie met boompie-embleem daarop.

Ander spanne - Koningsblou trui (standaard) met 'n wit kraag en 'n wit broek.

Borglogo op die regtersakposisie of op die moue. Nie groter as 10x10cm nie.

Eerstespan - Koningsblou trui (kleur varieer) met 'n swart broek. Borglogo op bors.  

Borge word goedgekeur deur die sportorganiseerder, Mnr. Roelf Faurie.

Bulletjierugbydrag                      

 

Netbaldrag

Mininetbal - Koninsblou en wit hempie. Koningsblou rompie met boompie-embleem daarop, met swart skipants.

Wit kouse en wit sporttekkies. Geen juwele nie.

Ander spanne - Dieselfde as die mininetbal.

Eerstepan - Hul beffies lyk verskillend. Kan ander kottse, kop-of sweetband in skoolkleure dra.

Kleur en klere van hul drag varieer. Borglogo mag op regterbors of onderaan op rokkie  aangebring word.

Kry ook nuwe baadjies as dit geborg kan word.

Netbaldrag                      

 

Tennisdrag

Dogters: Koningsblou en wit hempie (dieselfde as die netbal).

Koningsblou rompie met boompie-embleem daarop.

Witkouse, tennisskoene en skoolpet.

Seuns: Skool kriekethemp met koningsblou kortbroek (dieselfde as atletiekbroekie).

Witkouse, tennisskoene en skoolpet.

Eerstespan: Drag kan gewysig word, nogtans in die offisiële skoolkleure.

Tennisdrag Dogters               

 

Hokkiedrag

Alle spanne: Koningsblou en wit hempie (dieselfde as die netbal en tennis). 

Koningsblou rompie (dieselfde as die netbal en tennis).

Wit lang hokkiekouse en wit sporttekkies.

Eerstespan: Kan met goedkeuring hul drag wysig, nogtans in die offisiële skoolkleure. 

Wit lang hokkiekouse en wit sporttekkies.

 

 

 

 

 

 

Krieketdrag

Alle spanne: Wit (room) langbroek met wit (room) hemp met blou piping en kriekethoed.

Op die hemp is 'n skoolwapen op linkerbors.

Krieketdrag

 

Gholfdrag

Wit kriekethemp met blou piping.

Bruin lang- of kortbroek word gedra by tekkies of gholfskoene.

'n Gordel by die broek is verpligtend en geen hemde mag uithang nie.

Skoolpet.