Skoolreëls

1         Algemeen

1.1  Dit is die plig van elke leerder en ouer om homself/haarself te vergewis van die skoolreëls en die stiptelike uitvoering daarvan  

1.2  ‘n Leerder wat enige van die reëls opsetlik verbreek of verontagsaam mag hom/haar blootstel aan dissiplinêre optrede 

2       Gedrag van Leerders. ‘n Wonnie…:

2.1 streef die Wonnie Waardes nl.,integriteit, deursettingsvermoë, lojaliteit, nederigheid, respek, verantwoordelikheid, eerlikheid, getrouheid, hulpvaardigheid en stiptelikheid ten alle tye binne en buite die skoolterrein na   

2.2 leef en is gehoorsaam aan die gedragskode van die skool (sien bladsy …)

2.3 is trots op sy/haar skool, skooldrag, voorkoms, gesindheid en taalgebruik

2.4 is lojaal teenoor sy/haar skool, opvoeders en vriende

2.5  gee sy/haar volle en heelhartige samewerking

2.6 waardeer die skoolfasiliteite, tuine, klasmeubels en kleedkamers deur dit netjies en skoon te hou, asook om dit met respek te behandel

2.7 betoon respek aan nasionale simbole asook aan die skool se etos en skoollied  

2.8 tree ten alle tye eerlik op

2.9 se optrede in die openbaar is altyd voorbeeldig en respekvol en hou die skool se naam hoog

2.10 betoon respek teenoor volwassenes, mekaar en groet besoekers  

2.11 betoon nie net alleen wedersydse respek teenoor mekaar nie maar ook aan mekaar se eiendom

2.12 is altyd stiptelik, volg instruksies, pas besittings op en tree toepaslik op

2.13 kou nie kougom op die skoolterrein nie of wanneer hy/sy in hul skooldrag geklee is nie, want dit skep ‘n negatiewe beeld van ons skool

2.14 sal nooit met enige apparaat foto’s of video’s op die skoolterrein neem nie

2.15 hits nie ‘n ander leerder aan om te baklei nie

2.16 maak nie van ontgroening op die skoolterrein gebruik nie

2.17 maak hom/haar nie skuldig aan onbetaamlike optrede soos vloektaal, skeltaal, rook, pornografie, ongewenste toenadering, betasting, onkleding, bespotting, diefstal, ontbloting, seksuele praatjies, teistering, misleiding en roof op die skoolterrein nie en neem ook nie daaraan deel nie

2.18 besit nie alkohol, gevaarlike middels, dwelms, tabakprodukte, aanstekers en vuurhoutjies op die skoolterrein nie, want dit is verbode, en ‘n Wonnie is nooit onder die invloed van dwelms of alkohol op die skoolterrein nie

2.19 tree nie kwaadwillig op, vertel leuens en knou ander leerders af nie, want dit is verbode

2.20 gebruik nie swak taal, baklei, praat lelik, praat kwaad, steel, spoeg of tree onhoflik op nie

2.21 boelie nie, knou af, slaan, spot, terg, beseer, vloek, aanrand, beledig, bedreig of maak dreigemente aan ander leerders nie

2.22 pleeg nie diefstal, wegsteek, afkyk, afksryf en/of tree oneerlik op nie, want dit is verbode

2.23 respekteer mekaar se privaatheid en persoonlik ruimtes 

2.24 sal nooit op die terrein ‘n ander leerder ontklee, verleë laat of verneder deur die ander persoon se liggaamsdele te ontbloot of ‘n kledingstuk van ‘n persoon te verwyder nie

2.25 besit nooit enige pornografiese materiaal, pornografie op ‘n selfoon of enige ander vorm daarvan op die skoolterrein nie en vertoon dit ook nooit aan ‘n ander persoon nie

2.26 neem nie deel aan sameswerings om ‘n ander persoon op die terrein te verkleineer, aan te rand, te teister, te agtervolg, te benadeel of te beseer nie

2.27 tree nie gewelddadig op, handel op so ‘n wyse dat dit ‘n ander persoon/e kan skade aandoen nie

3 Klaskamerreëls

3.1 Geen eet, drink, gesels en/of speel word in die rye of in die klas toegelaat nie

3.2 Speelgoed mag nie mee gespeel word in die klasse nie

3.3 Tydens afkondigings moet alle leerders stil wees en luister na wat gesê word

3.4 ‘n Leerder moet in elke klas goeie gedrag handhaaf, mag nie ‘n onderwyser in die rede val nie, onvanpaste opmerkings of geluide maak nie, sonder toestemming rondloop of voorwerpe in die klas gooi nie

3.5 Leerders moet by die onderwyser/es toestemming vra om op te staan en die stiplek te verlaat

3.7 Leerders moet gedurende klastyd in die klas wees en mag nie sonder toestemming buite ‘n klas wees of ‘n klas verlaat of laat by ‘n klas opdaag nie

3.8 Leerders moet in elke klas hulle volle samewerking aan die onderwyser/es gee en geen geselsery, onderlangse gelag, ontoepaslike vrae, steurende geluide, versuim, steurene opmerkings, onnodige bewegings en belemmerende optrede sal geduld word nie

3.9 Leerders moet projekbenodighede betyds saambring na die klas om saam aan ‘n projek te kan werk

3.10  Klasse mag slegs deur die deur binnegegaan word en leerders mag nie deur vensters klim nie

3.11  Leerders mag nie in klasse briefies skryf en dit onderlangs rondstuur nie

3.12                Hulpmiddels, handboeke, werkboeke en skrifte moet versorg word en mag nie beskadig word nie

4 Reëls t.o.v skoolwerk en assesserings

4.1 Leerders is verantwoordelik om goed voor te berei en te studeer vir toetse en/of assesserings

4.2 Alle take, opdragte en projekte moet betyds gedoen en ingehandig word soos aangedui is deur die onderwyser/es

 4.3 Alle huiswerk moet dieselfde dag nog by die huis self gedoen word tot die beste van die leerder se vermoë

4.4 Geen leerder mag by ‘n ander leerder skoolwerk afskryf of sy eie skoolwerk aan ‘n leerder gee om afgeskryf te word nie

4.5 Leerders moet ouers/voogde versoek om alle assesseringsstukke en toetse te laat teken

4.6 Leerders mag nie ouers se handtekeninge namaak nie

5 Skoolprosedures

5.1 Algemeen

5.1.1 Leerders moet soggens betyds opdaag vir skool wat om 07:30 begin

5.1.5 Leerders mag nie die ontvangsportaal as ‘n deurgang gebruik nie.’n Leerder mag slegs die voorportaal betree met ‘n loper om die nek en geen maats mag so ‘n leerder vergesel nie

5.1.6 Leerders moet na skoolure die skoolterrein verlaat, behalwe wanneer leerders betrokke is by ‘n skoolaktiwiteit

5.1.7 Die Wonnie-dagboek moet elke dag by die skool wees en huiswerkopdragte moet daagliks in die dagboek afgeskryf en tuis voltooi word

5.1.9 Leerders moet eerste vir die skool beskikbaar wees vir sportoefeninge en sportdeelname en kan hulle daarna beskikbaar stel vir deelname aan klubs se sportaktiwiteite

5.1.10 Fietse word op die skoolterrein gestoot en vasgesluit in die fietsloods

5.2 Saalbyeenkomste en aantrede by klaslokale

5.2.1 Voor skool en na pouses beweeg leerders vinnig en stil na die klasse of saal sodra die eerste klok lui. Wanneer die tweede klok lui moet al die leerdes reeds aangetree wees, stilwees en instap op bevel

5.2.2. Voorskool word tasse netjies voor die klaskamers van die eerste periode geplaas. Op saaldae word graad4-7 se tasse voor die klaskamers van die tweede periode geplaas. Trappe en stoepe moet onmiddellik verlaat word nadat tasse neergesit is

5.3 Verlaat van klaslokale

5.3.1 Leerders mag gedurende lesure alleenlik met toestemming en met ‘n loper om die nek ‘n klaslokaal verlaat en gaan na waarheen die leerder toestemming het om te gaan

5.3.2 Die vierkant by die kantoor en adminkantore mag slegs met loper om die nek betree word

5.4 Pouses

5.4.1 Leerders moet voorskool en pouses afbeweeg na hulle groep se speelterrein en mag glad nie op stoepe, in toilette, in klasse, tussen geboue of op ander plekke speel nie

5.4.2 Geen leerder mag tydens pouse op die stoep of trappe wees nie. Geen leerder mag op die stoepe of trappe hardloop nie

5.5 Klaswisseling

5.5.1 Tydens klaswisseling beweeg die leerders flink in rye na die volgende klas. Die klasleidster stap voor en die klasleier heelagter in die groep

5.5.2 Niemand mag tydens klaswisseling die kleedkamers besoek nie

5.5.3 Stap altyd links, veral by trappe waar kinders makik kan seerkry

5.5.4 Leerders mag alleenlik ‘n lokaal binnegaan onder toesig van ‘n onderwyser

6 Reëls ten opsigte van siekte, afwesigheid en skool verlaat

6.1.1 Die Wonnie-dagboek moet saamgeneem word indien ‘n leerder vir siekte, slegvoel of na ‘n besering kantoor toe gaan

6.1.2 Die persoonlike inligtingsbladsy van die Wonnie-dagboek moet volledig en akkuraat ingevul wees

6.1.3 Leerders moet skool gereeld bywoon en ouers teken rede vir afwesigheid in die dagboek aan

6.1.4 ‘n Doktersertifikaat moet ingedien word vir 3 of meer dae se afwesigheid

6.1.5 ‘n Leerder mag nie gedurende skoolure sonder verlof uit ‘n klas afwesig wees of die skoolterrein verlaat nie

6.1.6 Leerders mag slegs die terrein verlaat met toestemming van die kantoor

6.1.5 Siek leerders moet by die kantoor aanmeld vanwaar hulle ouers geskakel sal word

6.1.7 Geen leerder mag sy/haar ouer/s skakel om hulle te kom afhaal nie

6.1.8 Leerders mag nie sy/haar eie klas verlaat om vir sy/haar ouers te wag nie. Indien ouers ‘n leerder kom afhaal, sal die kantoor die leerder roep sodra die ouer by die kantoor aangemeld het

7 Reëls ten opsigte van die skoolterrein, -geboue en -eiendom

7.1 Leerders moet trots wees op die netheid van die skoolterrein en mag nie skade aanrig, verniel, ontsier, vandaliseer en/of skooleiendom beskadig nie

7.2 Troeteldiere en sywurms mag nie skool toe gebring word nie

7.3 Leerders mag niks op die skoolterrein verkoop of ruilhandel bedryf nie

7.4 Leerders mag nie aan enige skakelborde of elektriese skakelaars peuter nie

7.5 Skooleiendom, toerusting, gereedskap, hulpmiddels, handboeke, werkboeke en skrifte moet versorg word en mag nie beskadig word nie

7.6 Leerders moet die skoolterrein skoon hou en alle rommel, papiere en afval moet in ‘n vullishouer geplaas word

7.7 Vuurwerke of die afskiet daarvan is verbode op die skoolterrein

8 Kleedkamers

8.1 Kleedkamers moet altyd netjies gelaat word

8.2 Geen kos mag in die badkamers ingeneem word nie

8.3 Krane moet styf toegedraai word om vermorsing van water te voorkom

8.4 Spoel toilette na gebruik

8.5 Niks mag in die kleedkamers ingedra word nie

8.6 Daar mag nie in die kleedkamers gespeel of geskreeu word nie

9 Reëls op die speelterrein

9.1 Leerders mag net veilige speletjies op die speelterrein speel en mag nie deelneem aan enige gevaarlike of rowwe speletjies nie

9.2 Leerders mag op skoolterrein met sagte balle speel, maar nie onderdak, tussen klasse, in deurlope, op stoepe of naby vensters nie

9.3 Harde balle is verbode op die skoolterrein

9.4 Daar mag nie met gevaarlike voorwerpe, messe, rekke, skerp voorwerpe of stokke op die speelterrein gespeel word nie

9.5 Gr.4-7 leerders mag nie die speelterrein van die gr.1-3 leerders betree nie of inmeng in hulle speletjies nie

9.6   Tennis en netbalbane mag slegs met sportskoene betree word. Geen spele sal op die bane toegelaat word nie

10      Voorkomsreëls

10.1 Skooldrag

10.1.1 Leerders moet tydens skoolure ten volle geklee wees in die korrekte Wonniedrag. Indien ‘n leerder ‘n voorkomsreël oortree sal dit in die Wonnie-dagboek aangedui word binne die voorkomregister

10.1.2 Leerders se klere moet skoon, netjies en heel wees. Geen af-knope of some wat uithang of geskeurde klere sal toegelaat word nie

10.1.3 Geen ander klere soos musse, tekkies, windbrekers ens. mag saam met skooldrag gedra word nie

10.1.4 Skooldrag mag nie geskend word nie

10.1.5 Hemde en bloese moet by die broek of romp ingesteek wees

10.2 Algemene voorkoms

10.2.1 Naels moet kort, netjies en skoon wees

10.2.2 Geen naellak mag gedra word nie

 10.2.3 ‘n Stewige skooltas is verpligtend, sodat handboeke nie onnodig verniel nie

10.3 Dogters se hare en juwele

Dogters se hare moet netjies en paslik vir ‘n laerskooldogter wees. Dit moet vasgebind wees as dit so lank is dat dit die onderkant van die kraag raak. Kuiwe mag nie aan die wenkbroue raak nie. Hare voor die ore moet saam met die res van die hare na agter vasgebind wees. Hare mag nie gekleur of gekartel word nie of in tydelike kleurmiddel gewas wor dnie. As ‘n kuif gedra word, moet dit in ‘n netjiese vol kuif vasgesteek word. Hare mag nie na skoolure losgemaak word as leerder nog in skooldrag is nie. Geen haarstileringsmiddels, soos haarsproei of jel, mag gebruik word nie. Haarversierings moet effekleurig koningsblou (wat by ons skoolkleur pas) of wit haarversierings moet gedra word. Haarversierings moet klein wees. Groot, uispattige haarknippe is ontoelaatbaar.  Dogters mag ‘n seëlring, ringetjie-of knoppie-oorkrabbetjies dra. ‘n Polshorlosie mag gedra word.

10.4  Seuns se hare en juwele

Seuns se hare moet netjies en paslik vir ‘n laerskoolseun wees. Hare moet kort en netjies wees. Hare mag nie laer as ‘n vingerbreedte bokant die wenkbroue hang nie. Hare voor die ore, “side whiskers” – mag nie laer as die middel van die oor wees nie. Wanneer hare aan die een kant van die kop regaf gekam word, mag dit nie die ore raak nie. Hare moet geleidelik korter word na onder. Dit mag gelyk gesny word, maar die neklyn moet netjies gehou word. Hare of dele daarvan mag nie gekleur word nie. Geen haarstileringsmiddels mag gebruik word nie. Geen uitspattige haarstyle word toegelaat nie. Seuns ‘n polshorlosie dra.

11 Reëls ten op sigte van selfone en ander elektroniese apparaat

By alle oortredings van die sigbaarheidsreël met selfone of ander elektroniese apparaat sal die onderwyser die apparaat afneem en 'n bewys uitreik. Die leerder skakel self die selfoon af. Die apparaat word in 'n koevert geseël en in 'n kluis bewaar. Die leerder ontvang 'n bewys vir die afneem van die apparaat. Die ouer moet 'n boete van R50 by die finansiële kantoor inbetaal en die oorspronklike bewys daar indien om die apparaat te kan ontvang. Die ouer moet ook by die finansiële kantoor die register voltooi vir ontvangs van die apparaat.