|
Noord van ons mooi Magaliesberg, hier staan ons skoolgebou. Net vlak by die ou Wonderboom waarvan ons kinders hou; en nou speel ons hier jolig rond waar eenmaal dorings was, en steenbokkie en tarentaal geskuil het in die gras.
Refrein O wonder van 'n duisend jaar, hoe vas het jy gestaan! As onweer in die donker nag met buie oor jou gaan! Ons staan ook vas, ou Wonderboom, hier aan die berg se voet. Al ruk die wind of slaan die hael, God sal ook ons behoed!
In elke dag se werk en spel, wil ons 'n sierraad wees. Vir skool en kerk en vir ons volk, wat God allenig vrees. Vir elke dag se werk en spel, 'n suiwer, helder doel. Dan hoor jy die kinders juis omdat ons hier gelukkig voel.
|