Skaak
|
Loading... |
Ons skaakspanne lewer elke jaar pragtige prestasies en ons is baie trots op elke speler.
Die afgelope jaar het al 3 ons A-spanne as Distrikwenners uit die stryd getree.
Organiseerder:
me Marelise de Beer:
Telefoon: 012 543 0208
Faks: 012 543 0875
e-pos: admin@wonwen.co.za
Afrigting:
Ons skaakspelers ontvang afrigting deur 2 buite-afrigters en alhoewel ons dit sterk aanbeveel, is dit nie verpligtend nie. Leerlinge wat graag wil leer skaak speel en dus nie in die skaakspan is nie, kan skaaklesse by ons afrigters neem.
Tye: Maandae van 13:30-14:30 en 14:30-15:30.
Kostes: R 150 vir die eerste en vierde kwartaal. R 300 vir die tweede en derde kwartaal.
Oefening:
Soos met enige ander sportsoort is dit belangrik dat die spelers oefen. Spelers oefen weekliks teen mekaar om hul vaardighede en aangeleerde tegnieke
teen mekaar in te oefen.
Skaakoefening is verpligtend en selfs die leerlinge wat nog leer om skaak te speel kan saam kom oefen. Let asb. net daarop dat
geen afrigting plaasvind nie.
Tye: Woensdae van 13:30-14:30.
Geen kostes is verbonde aan skaakoefening nie.
Skaakvergadering:
‘n Inligtingsvergadering vind vroeg elke jaar plaas om u meer breedvoerig in te lig.
Interhuis:
Ons interhuis vind vroeg elke jaar plaas om ons skaakspanne vir die jaar te bepaal.