Netbal

 

 

Loading...

 

 

Mini-Netbal 2011

 

Algemene Inligting

 

Mini-netbal afrigters vir 2011

0/7  A: Marli Malan

        B: Carlene Botes

0/8  A: Anne Botha

        B: Tanya de Beer

0/9  A:Chantal Halgreen

        B: Cornette Botha

 

Datums van voorlopige wedstryde

Laerskool Mayville               17 Maart

Rooihuiskraal                     22 Maart

                                                               Laerskool Brits (mini-netbaldag by die Patatfees)    16 April

                                                                  Northridge Primary     19 April

                                                      Laerskool Brits (Mini-netbaldag by die Bosveldkarnaval)     7 Mei

 Magalieskruin                    12 Mei

 Stephanus Roos                 19 Mei

 

*** Elke dogter moet ‘n brief van die afrigter ontvang wat die ouers inkennis stel dat sy gekies is vir die span en dat sy ‘n wedstryd gaan speel. Ons het 3 verskillende spanne dus sal sommige dogters een week speel en ander sal eers op ‘n ander geleentheid ‘n beurt kry.

Mini-netbal

Bal= nommer 4 bal

Doelpaal= 2,5 m hoog

Baan= standaard baan

Wedstrydtye = 2 x 10 min met 5 min rustyd

 

Oefen tye 

Mini-netbal oefen eers en daar sal eers heelwat later spanne gekies word. Die ouers sal ‘n brief ontvang wat hulle

in kennis stel dat hul dogter span gekry het en dat hulle die skool netbalklere kan gaan koop.

Maandae, Dinsdae en Donderdae 13:30 tot 14:45

 

Ruiling tydens wedstryde

‘n Wedstryd is in 2 helfdes gedeel, elke helfde is 10 minute lank en tussen in rus die dogters vir 5 minute.

Die afrigters die dogters in halftyd laat posisies ruil. Die ruiling is baaaaaie belangrik en verpligtend. Maak gebruik van die rotasieprogram in die leêr.

 

Netbaldrag van 0/7-0/9 vir wedstryde

Netbaldogters

·        Die netbaldrag bestaan uit die nuwe hempie en rompie, wit tekkies en kort wit kouse. Die klere is beskikbaar by die Wonnie-klerekas.

·        Die hare moet vasgebind wees sodat dit nie die dogter pla nie.

·        Geen juwele word toegelaat nie.

 

 

 

 

Netbal Prestasie 2010

 

Hierdie afgelope netbalseisoen was voorwaar 'n belewenis. Daar is al in Maart-maand teen verskeie skole vriendskaplike wedstryde gespeel.

Tussen al die geoefen deur het ons afrigters ook hul skeidsregters-eksamen afgelê om hulself voor te berei vir die komende ligawedstryde.

 

Die naweek van die 19de Maart het die o/10 tot 0/13-spanna na Thaba Morula vertrek vir 'n netbalkursus.

Daar is vele vaardighede aangeleer, wedstryde gespeel, gekuier en natuurlik heerlik aan die Wonnie-spangees gebou.

 

Die ligawedstryde het net na die vakansie begin. Daar is 4 ligawedstryde gespeel teen van ons buurskole: Magalieskruin,

Stephanus Roos, Northridge en Haakdoorn.

 

Die o/12A en o/13A-spanne het 3de in die liga geëindig, en die o/10A en o/11A-spannetjies was naaswenners.

Die o/11-span het na vele verdere uitspeelwedstryde deurgedring en 6de algeheel in Tshwane geëindig.

Ons is baie trosts op hierdie span wat ons naam so hoog gehou het.

 

Die 3de en 4de November het vyf van ons afrigters 'n laerskole afrigterskursus wat deur die Australiër, David Shorrocks, by Hoërskool Montana aangebied is,

bygewoon. Ons glo dat ons ook dié kennis wat ons daar opgebou het, volgende jaar sal kan aanwend om Wonnies die wenskool te hou - wat ons tans is!