Klawerklitsies
Die klawerklitisies is die Junior revue groep van Laerskool Wonderboom.
Ons bestaan uit 43 lede gekies uit die graad 1, 2, 3 en 4 leerlinge,
3 onderwysers en 2 assistente.
Ons bestaan al 5 jaar. Ons het vanjaar in die Staatsteater opgetree tydens die Tswane Kuntefees.
Ons het ook aan die Spectrum kompetisie deelgeneem en ‘n 3de plek behaal.
Ons het vanjaar meer as 10 optredes gehad op verskeie plekke.
Ons sing en dans met vreugde en passie in die pragtigste kostuums.
Ons oefen elke Maandag en Woensdag van 13:30-15:00 in die saal.
Die oudisies om deel van die unieke groep te wees word vroeg in jaar gehou.
Juffrou Rethna Oosthiuzen, Juffrou Elsabe Swart en Juffrou Carina Rademan was vanjaar die afrigters.