Gholf
Die Wonnies het in 2010 twee amptelike gholfspanne in die liga ingeskryf. Altwee spanne het baie kompeterend deelgeneem, en die 1ste span is as wenners in die Noordelike distrik se liga bekroon. Die liga vind in die vierde kwartaal plaas, en is tans in die finale rondtes. Die eerste Wonnie gholfspan neem 15 November 2010 in die Gauteng Noord streeks finaal deel.