Bemarking
Bemarkingsmoontlikhede vir u besigheid by Laerskool Wonderboom
1. Oprigting van ‘n advertensiebord, teen die spogbord of pallisadeheinings:
· Advertensiespasie koste: R3800 (teen pallisadeheinings) en R5800 (teen spogbord) vir 12 maande
· Gratis ontvang u besigheid: 2 maandeliks gratis distribusie van pamflette saam met die nuusbriewe wat aan 1100 huisgesinne uitgedeel word op ‘n Donderdagmiddag
· Gratis ontvang u besigheid: Bewegende bannieradvertensie op ons webwerf wat op al die bladsye getoon word
2. Uitdeel van pamflette saam met die nuusbrief op ‘n Donderdagmiddag:
· R650 per Donderdag – ons doen die verspreiding namens u besigheid aan 1100 huisgesinne, of 1500 leerders
· Indien u nie ‘n pamflet wil laat uitdeel nie, kan u ‘n A5-grootte advertensie plaas in die nuusbrief self – skakel vroegtydig weens beperkte spasie
3. Bewegende bannieradvertensie op ons webwerf, www.wonwen.co.za
· Indien u net ‘n bewegende bannieradvertensie op ons webwerf wil plaas, is die koste R800 vir 12 maande
Vir meer inligting skakel asb ons bemarker, Mev. Gerda Klopper by 071 671 6976















