Atletiek

 

 

Loading...

 


ATLETIEK 2009/2010

Net soos atletiek moet wees, is ons atletiekseisoen ook bltsig!  Oktober 2009 is huissport gehou.  Die Fisante kraai koning by die byeenkoms. 

 Viaan Mong word as die Victor Ludorum gekroon.  Micayla Du Toit word as die Victrix Lodorum aangewys.

Twee Prestige 4 byeenkomste word ook reeds in 2009 afgehandel.  Laerskool Skuilkrans en Laerskool Wonderboom tree op as gasheer. 

 Vroeg in 2010 volg nog twee Prestige 4 byeenkomste te Laerskool Lynnwood en Garsfontein.  Laerskool Wonderboom presteer besonder goed

tydens al die byeenkomste.  Tydens die Prestige 8 byeenkoms kom al die skole in die Prestige reeks bymekaar te H/S Menlopark se gronde vir die

finale byeenkoms in die reeks. 

Tydens die Clusterbyeenkoms wat deur Laerskool Wonderboom aangebied is, tree die Wonnies ook as oorwinnaars uit die stryd.  37 Atlete dring

deur na die Distrikskampioenskappe te Pilditich.  18 Atlete dring deur na die Provinsialekampioenskappe te Germistonstadion. 

3 Atlete:  Micayla Du Toit, Viaan Mong en Nadine Le Roux neem deel aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te Oos-London.  Watter puik prestasies

behaal die Wonnies daar!  Micayla behaal ‘n 3de en 5de plek in onderskeidelik die 75m H en 150m H.  Viaan beklee die 5de en 9de plek in die diskus en

gewigstoot items.  Nadine veg verbete in die hoogspring item vir haar posisie.  Met ‘n moedige poging val sy egter uit.  Baie geluk Wonnies! 

 Ons is baie trots op julle.


2010/2011

Die seisoen skop af met die Huissport op 22 September 2010.  Die Fisante tree weer as oorwinnaars in die stryd uit.  Micayla Du Toit word vir

‘n derde agtereenvolgende jaar as Victrix Lodorum aangewys en Henrico Greyling, seun 0/10, word aangewys as Victor Lodorum.

Baie vinnig volg die eerste Prestige 4 byeenkoms te Willoridge High School se gronde aangebied deur Laerskool Skuilkrans.  Laerskool Wonderboom

se span is uitgedun as gevolg van die graad 6 leerlinge wat veldskool toe is en die onder 10 seuns wat in ‘n finaal in die krieket moet uitspeel.

Op 2 November bied Laerskool Wonderboom die tweede Prestige 4 byeenkoms aan.  Die Wonnies kwyt hulle baie goed van hul taak. 

 Hul  gees is reg!

Ons sien uit na die byeenkomste van 2011.



Afrigters 2011

Sien afrigterslys.

 

Byeenkomste vir 2010/2011

  
Huissport                     22 September 2010
Prestige 4 14 Oktober 2010
Prestige 4 2 November 2010
Prestige 4 20 Januarie 2011
Prestige 4 27 Januarie 2011

Prestige 8 3 Februarie 2011
Noord vd Berg  
Cluster Byeenkoms 7 Februarie 2011